Browse all content
|
Spanning the Digital Divide: understanding and tackling the issues - Public Announcement (Afrikaans) Submitted by Editor on 21 June, 2001 - 18:47.
"Werklike Toegang" tot tegnologie nodig om digitale kloof oor te steek, lui verslag Daar is letterlik duisende inisiatiewe wat probeer om die digitale kloof te probeer oorsteek, maar hulle is gedoem tot mislukking solank hulle slegs op rekenaars en koppelingspunte konsentreer. Hoewel informasie kommununikasie tegnologie (IKT) die potensiaal het om ontwikkelingstruikelblokke te oorkom, sal agtergeblewe gemeenskappe eers daarby kan baatvind wanneer 'n legkaart van faktore aangespreek word. Dit is die belangrikste bevinding van 'n nuwe verslag wat deur die internasionale nieregeringsorganisasie bridges.org bekend gemaak is. Dié organisasie help mense in ontwikkelende lande om tegnologie te gebruik om 'n werklike verskil in hul lewens te maak. Volgens bridges.org behels die reeks faktore bekostigbaarheid van IKT, relevante inhoud en dienste, sosio-kulturele faktore, die plaaslike vermoëns van gebruikers en of tegnologie in hul lewens geÄ?ntegreer kan word. Ook belangrik is die wetgewende en regulerende raamwerk wat in plek is, die ekonomiese milieu en die politieke vasberadenheid van die regering van die dag. Bridges.org se punt word onderstreep deur die feit dat die digitale kloof wÄ™reldwyd al hoe wyer word. Dit ten spyte van die feit dat alle lande - selfs die armstes - hul toegang tot IKT vermeerder. In plaas daarvan dat die kloof tussen ryk en arm lande nouer word, vergroot IKT tans sosiale en ekonomiese verskille, ook tussen sosio-ekonomiese groepe binne lande. Bridges.org se verslag:"Spanning the Digital Divide: Understanding and Tackling the Issues", is gedoen op versoek van die Vivendi Universal Prospective Institute. Dit hersien sommige van die algemene feite rondom IKT-toegang en bevat 'n uitgebreide bronnelys van studies reeds gedoen oor die digitale kloof. Dit ondersoek ook die belangrikste benaderings tot die probleem, beskryf verskeie grondvlakinisiatiewe en gee 'n samevatting van die belangrikste regeringsbeleid wat impak op IKT-gebruik. Die verslag wys daarop dat programme gemik op die digitale kloof dikwels nie daarin slaag om probleme op 'n omvattende manier op te los óf versuim om oor te gaan tot daadwerklike aksie. Voorts skets die verslag watter sleutelelemente nodig is om tegnologie op 'n doeltreffende en volhoubare manier in gemeenskappe te integreer. Op 'n makrovlak bestempel bridges.org die digitale kloof as 'n mislukking op drie vlakke: deur ontwikkelingsinisiatiewe, markkragte en deur regerings. Te dikwels volg ontwikkelingsinisiatiewe 'n afgedwingde benadering waar plaaslike vennote en die sakegemeenskappe buite die prentjie gelaat word. Hoewel die privaatsektor stadig besig is om tegnologie na die middelklas af te wentel, sien hulle nog glad nie die ontwikkelende wÄ™reld en onderbediende gemeenskappe as 'n winsgewende mark wat sou kon baatvind by teikenprodukte nie. Laastens fokus regerings dikwels op die korttermyn behoeftes van hul kieserskorps. Hulle versuim om 'n samehangende, langtermyn plan vir voorspoedige en effektiewe IKT-integrasie in plek te stel of om 'n wetgewende en regulende raamwerk te ontwikkel wat IKT-gebruik sal bevorder. Al drie dié mislukkings moet reggestel word voordat praktiese aanwendings of goeie beleid die digitale kloof sal vernou. Dit is nodig dat hulpbronnne en ervaring saamgespan word, sÄ™ bridges.org. Voorts is dit van kernbelang dat die privaatsektor betrek word, dat internasionaal aanvaarde beleid by plaaslike kontekste aangepas word en dat beleid grondvlakinisiatiewe moet ondersteun. Dit is buite die bestek van 'n enkele inisatief om die digitale kloof oor te steek. Net so is tegnologie nie 'n wonderkuur wat die wÄ™reld se probleme sal regdokter nie. Dit is belangrik dat organisasies wat IKT-gebasseerde gemeenskapsprojekte bedryf 'n wÄ™reldperspektief en 'n entrepreneursbenadering moet volg. Hulle moet ook saamwerk met soortgelyke organisasies om die menige probleme rondom IKT-gebruik te probeer oplos. |
Browse publications
|